9 Nov 2026

Matteus 8:1-17

Jesus genees na die bergrede eers 3 verskillende mense op 3 verskillende maniere.
Deur net sy hand uit te steek of vir iemand vêr te bid en selfs iemand bekend aan te raak.
Daarna genees en bevry Jesus baie van demoniese magte.
Dit beaam Sy prediking oo die berg maar ook Sy roeping deur die profete aangekondig:
“sodat vervul sou word wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons krankhede weggeneem, en ons siektes het Hy gedra.””
‭‭Matteus‬ ‭8‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U ons genees.
U is ons Dokter.