7 Nov 2026

Numeri 28:16-31

Die Here kondig die offers aan wat by die 2 van die 3 belangrikste feeste moet geoffer word.
Hierdie pelgrimsfeeste was n opdrag wat jaarliks volgehou moes word deur elje Israeliet.
Die Pasga het juis heengewys na Jesus die PaasLam wat vir ons geslag moes word.
Die Fees van weke (Pinkster) was gevier as die oes begin inkom en die eerste vrug van die oes aan die Here gewy word.
Want op Pinkster is die Heilige Gees uitgestort en het die Kerk begin (3000 as eerste vrug)!

Here dankie dat elke fees en elke offer na U wys!
Dankie dat U ons opdrag gee om gereeld in vrolkheid fees te vier.
U is die Paas-Lam!