5 Nov 2026

Amos 8:1-14

Amos sien n mandjie met somer-vrugte in wat ryp is.
Dit is n profetiese prentjie sodat die Here met hom kan praat oor Israel se sonde wat ryp geword het en reg is vir oordeel soos vrugte reg is om te eet.
Korrupsie en oneerlike besigheid is een van die tekens dat die woord van die Here, Sy beginsels, nie meer as gesag tel nie.
As mense maak net wat hulle wil dan smag ander na die absolute waarheid as standaard in die samelewing.

Here help ons om U Woord te gee aan die wat nie U Waarheid ken nie!
U is die Woord!