4 Nov 2026

Numeri 28:1-15

Selfs die offers van die Tabernakel wys na Jesus.
Netsoos die dag begin en afgesluit moes word met n offerlam, so moet my en jou dag begin en eindig met die OfferLam: Jesus!

Elke maand met die nuwe maan was daar n offer aan die Here so is dit ons aanbidding om maandeliks te begin deur die Here te aanbid.
Die ritme en gereeldheid van jou aanbidding het die Here beplan sal jou help in jou lewe!

Here mag ons U daagliks, weekliks (sondae soos die ou sabbat), maandeliks (deur te gee van n maandelikse inkomste) en jaarliks (deur verskeie feeste) met getroue reelmaat bly aanbid.
U het dit nie nodig nie, maar U weet ons het die reelmaat nodig!
U is ons OfferLam: Jesus!!