2 Nov 2026

Amos 7:1-17

Amos n boer uit Juda profeteer oor Israel se sonde en die daaropvolgende ballingskap.
Daarvoor dreig Amasia, die priester wat Jerobeam aangestel het, die profeet en hy versprei vals nuus oor Amos by die koning.
Wat meer is, hy jaag Amos weg uit Betel en Israel en sê hy moet teruggaan na Juda.

Amos hou voet by stuk en sê die Here sê steeds dat daar oordeel kom oor Amasia en Israel.

Here mag ons onverskrokke U Woord vekondig ten spyte van intimidasie en dreigemente.
Ons kies om ons lewens neer te lê vir die Een wat Sy Lewe vir ons gegee het.

U is Lewe en Waarheid!