31 Okt 2026

Matteus 7:1-6

As Jesus ons oor oordeel leer sê hy ons moenie na ander kyk met veroordeling in ons harte nie, dit is vooroordeel.
Ons moet egter beoordeel watter vrug ons dra, sodat ons nie dink ons staan reg met die Here maar ons staan eintlik skuldig voor Hom nie.

Skynheiligheid is as jy ander oordeel wat verkeerd is maar jy doen dieselfde tipe sonde.
Ons moet leef soos mense wat onder die genade van Jesus staan: vergewe en vrygespreek op grond van Sy bloed vir ons betaal, niks van dit kon ons van los kom nie.
Daarom wees genadig met ander en wees geduldig genoeg om te wag vir hulle eie openbaring van sonde in hulle lewens, jy is nie die een om hulle te oortuig nie, dit is die Heilige Gees se werk.

Wees versigtig om jou “reg en verkeerd” op ander af te dwing: dit is soos pêrels voor varke gooi sê Jesus.

Here help ons om ander met dieselfde genade te behandel as wat ons deur U ontvang het!

U is die Regter.