30 Okt 2026

Amos 6:1-14

Amos spreek Jerusalem aan, dus Juda en sy koning, maar ook Samaria, dus Israel en hulle koning.
Hy waarsku in tye wat dit relatief goed gaan met beide volke dat ander volke om hulle ook belangrik is en dat albei hierdie groepe weggevoer gaan word in ballingskap.

As jy nie die Woord van die Here gehoorsaam of eers erken nie, maak dit nie Sy Woord minder die absolute Waarheid nie!

Here mag ons U Woord koester en aan U Waarheid vashou.
U is die Woord!