28 Okt 2026

Matteus 6:16-34

As jy vas het dit niks met ander te doen nie.
Om jou van kos te weerhou om te kan fokus in gebed is iets wat jy vir die Here doen en nie om gesien te word nie.

Jou prioriteit moenie geldmaak en aardse besittings wees nie, fokus eerder om aan die Here gehoorsaam te wees en vir armes en behoeftiges te sorg. Dit is wat vir die Here belangrik i, nie jou status en geld nie!

Jou bekommernis oor kos en klere verklap wie jy vertrou en waaraan jy eintlik bou.
As jy Sy Koninkryk bou dan voorsien Hy vir jou.
As jy jou eie koninkrykie bou moet jy self hard werk om te voorsien.

“Maar soek eers die •koninkryk van God en sy •geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
‭‭Matteus‬ ‭6‬:‭33‬ ‭AFR20‬‬

Dit beteken dat alles wat ons bou eintlik vir Hom is!
Met ons werk, geld en gawes bou ons Sy Koninkryk!
Dan voorsien Hy bo-natuurlik en altyd betyds.

Dankie dat U ons versorg!
U is ons Bron!