27 Okt 2026

Amos 5:1-27

Amos profeteer oor Israel se sonde en afgodery in n tyd wat dit ooglopend goed gaan met die volk. 
Hulle is ryk en gelukkig maar hulle maak hul rykdom uit onregverdigheid en omkoop besigheid. 

As jy jou aanbidding op verkeerde plekke bring en nie ag slaan op die Here se Woord nie, weet jy nie meer later wat is reg en wat is verkeerd nie. 
Dan maak jy jou eie reels op en doen net wat jy wil doen al is dit later boos: die Here haat dit!

Here daar is net een manier om U te aanbid en dit is U manier!

“Hy, die Skepper van die Sewester en Orion, sy Naam is Here. Hy verander donkernag in môrelig en die dag in nag. Hy roep die water uit die see en giet dit weer oor die aarde.”
‭‭AMOS‬ ‭5‬:‭8