26 Okt 2026

Numeri 25:1-18

Die Geseënde volk van die Here wat Bileam nie kon vervloek namens koning Balak nie, het in afgodery begin verval in Moab.
Die afgodery het gepaard gegaan met eksplisiete seksuele losbandigheid.
Terwyl die Here toe vir Moses sê om die afgods-aanbidders onder hulle dood te maak, kom daar toe n Israeliet met n Midianitiese vrou verby hulle gestap oppad na sy tent.
Pinehas die jong priester vat toe n spies en deurboor die paartjie wat besig was met seksuele owerspel.
Die Here erken toe die drastiese optrede en stop die plaag onder Israel, maar 24000 het toe reeds gesterf agv hulle afgodery en sonde.

Here mag ons passievol heilig leef voor U!
U is Heilig!