25 Okt 2026

Matteus 6:5-15

Gebed is n gesprek tussen jou en die Here!
Dit is nie iets om voor ander mee te spog nie maar moet met eerbare respek soos n kosbare, intieme gesels tussen jou en die Here in jou binnekamer fereeld gebeur.

Jesus gee toe n mooi voorbeeld van hoe ons moet bid.
Met die “Onse Vader” leer Hy ons as geestelike familie dat ons Een Vader het en dat ons in aanbidding na Hom toe moet kom en Sy Naam moet verheerlik, voordat ons met ons behoeftes na Hom kom.
Inkeer, berou en vra na vergifnis maak n belangrike deel van ons gebeds-lewe uit.
 
Ons gebede moet weer met lofprysing en dank afgesluit word as ons eindig en bid in die Naam van Jesus!

Here dankie dat U na die lering oor gebed dadelik oorgaan na vergifnis! Help ons ook om ander te vergewe want U het ons vergeef.
U is Ons Vader!