22 Okt 2026

Matteus 6:1-4

As jy gee, sorg vir ander of net goed doen aan mense is jou gesindheid waarmee jy dit doen baie belangrik.
Jy moet dit nie doen om gesien te word nie!
Niemand hoef daarvan te weet nie.
Jy gee eintlik aan die Here! Daarom moet mense nie weet wat jy doen nie.
As jy dit uit basuin aan mense en hulle is beindruk met jou is dit jou beloning: hulle eer.
Jy kan egter doodstil bly oor jou gee of jou hulp dan eer die Here jou op Sy manier.

Here dankie vir hemelse belonings al verstaan ons nie die impak van dit nou nie.
Help ons om te gee, te help, te versorg!
Dit is U hart!
U is Liefde!