21 Okt 2026

Amos 3:1-15

“Loop twee saam sonder dat hulle afgespreek het?”
Amos 3:3 AFR20

Die Here het met Israel ooreengekom dat hulle n pad saam gaan stap, maar toe verval hulle in afgodery en sonde.
Hulle het byvoorbeeld n goue kalf opgestel vir aanbidding in Betel.
Nou waarsku die Here lank vooraf vir Israel en Juda van oordeel wat kom want:
“Ja, my Heer, die Here, doen niks nie, tensy Hy sy vertroulike besluit openbaar aan sy diensknegte, die profete.”
Amos 3:7 AFR20

Die Here waarsku altyd eers Sy profete vooraf op aarde voor n ramp of oordeel die wêrwld tref.
Ons luister nie altyd vir die waarskuwings nie.

Here ons het afgespreek om met U n pad te stap.
Ons bevestig dit weer vandag!
Dankie dat U dan met ons praat en selfs waarsku, help ons om mooi na U Stem te luister!
U is ons Herder!