20 Okt 2026

Numeri 23:1-30

3 keer kom die heidense profeet Bileam na die Here en die Here ontmoet hom.
As enige iemand die God van Israel raadpleeg sal die lewende God wel met hom praat al ken hy Hom nie.
Die 7 offers elke keer is voorbereiding vir Bileam om namens Balak by die Here te hoor en elke keer seën die Here Sy volk by monde van Bileam instede van vervloeking, tot Balak se uiterste frustrasie.
Hy betaal immers vir Bileam om Israel te vervloek, nou seën hy hulle.

Here dankie dat U ons seën, al gebruik U wereldse mense om dit uit te spreek!
U is die God van Jakob! Die God wat Seën!