19 Okt 2026

Matteus 5:33-48

Jesus bespreek die verdere 3 van die 6 beginsels uit die wet (Torah) sodat Hy hulle die hart van die beginsel instede van die letter van die wet kan wys.

In die Ou testament sien ons hoe die wette oor n eed of belofte, vergelding en liefde vir jou naaste en vyand, die Vader se hart vir ons wys as n Vredemaker!

Jesus wys uit die 3 beginsels dat:
Geregtigheid lyk soos eerlikheid en dat ons by ons woord moet hou en die Waarheid moet praat. - Integriteit.

Om reg te leef reageer ons teenoor onregmatighede nie met geweld nie maar met kreatiewe vrede soeke.
(In Jesus se 3 voorbeelde van onregmatige behandeling gee Hy voorbeelde om kreatief vrede na te jaag instede van terug veg.)

Om in die Here se oë reg te wees moet ons liefde nie net aan ons naastes wys nie maar selfs aan ons vyande.
Onthou almal is in Sy beeld geskape!

Dus beteken:
““Wees dus volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.””
Matteus 5:48 AFR20

Dat Sy liefde volmaak is en ons nie moet “settle” vir onvolmaakte liefde nie maar dat ons kreatief LIEFDE moet najaag!

Here maak ons liefdevolle vredemakers!
Met integriteit haal asb vergelding uit ons harte en los net onkondisionele liefde oor.
U is die Vredevors!
Prince of Peace!