17 Okt 2026

Numeri 22:1-41

Die volk het verby Moab getrek.
Uit vrees vir Israel het die Moabitiese koning, Balak, na die profeet Bileam toe uitgereik om Israel te vervloek.
Die Here praat egter met die profeet om vir hom te sê om nie Israel te gaan vervloek nie.
As Balak dan weer verteenwoordigers stuur met n offer vir meer geld, is dit vir Bileam n groot versoeking.

As hy dan op sy donkie na Balak toe gaan verskyn die Here aan Bileam se donkie!
(“Die Engel van die Here” is anders as “n engel van die Here” )

Die donkie praat dan met sy eienaar nadat die profeet hom 3 keer geslaan het.
Eers dan sien Bileam ook die Here en praat hy met Hom.

Here ons kan net seën wat U seën!
Elke vloek is deur U aan die kruis (die vloek-hout) gebreuk daarom vervloek en vloek ons niemand nie!
Jesus U is die Engel van die Here!