16 Okt 2026

Matteus 5:21-32

Hier verduidelik Jesus 3 van 6 beginsels wat Hy uit die wet (Ou Testament) en hulle Joodse kultuur gaan haal en die hart daar agter wys.

Moord is nie net as jy iemand doodmaak nie, maar ook as jy nie iemand waardevol behandel soos wat hulle is nie!

Owerspel en wellus gebeur omdat ons mense soos goed sien en nie soos die beeld van God nie!

Egskeiding gebeur sê Jesus omdat mense in die huwelik nie die Here se respek en liefde aan mekaar gee nie. Ons is ALTYD veronderstel om ander beter as onsself te behandel en te weet hulle is in God se  beeld geskep.

Here ons besef dat om reg te leef moet ons ander behandel deur te sien hoe U hulle sien!
U is ons Maker!