13 Okt 2026

Matteus 5:13-20

Ons is sout en lig vir die wêreld wat in donker sit en nodig het om nie aan verotting oorgelaat te word nie maar die evangelie se sout in die samelewing als te laat stabiliseer.
Oor 2000 jaar het die Goeie nuus van Jesus se verlossing duister kulture omgedraai na die lig en dan soos sout dit bruikbaar en leefbaar gehou!

Ons leef en skyn Jesus uit na almal om ons!
Daarom is reg lewe in die wet vervat op grond van beginsels wat ons lewens verlig en deursout!

Here help ons om lig te wees vir n donker wêreld om ons en dat ons dan soos sout sal intrek en verander en sonde se verotting van nature kan teenstaan!
U is die Lig!