12 Okt 2026

Joël 3:1-21

Hierdie profesie is vir die toekoms.
Wat ins ook weet uit ander gedeeltes van die Skrif beskryf hierdie die einde van die 1000 jaar vrederyk.
Jerusalem gaan voor dit weens n aarbewing verander sê die Woord en n rivier gaan na die Dooie see loop en dit transformeer, die standhoudende rivier gaan ook na die Middelandse see loop en die plante groei beinvloed.
Daar kom egter aan die einde van daardie era n rebellie teen Jesus se Leierskap wat in Jerusalem gesetel sal wees en n oorlog gaan gebeur.
Daar sal Christus oordeel teen die volke.

Here ons wil U bly dien en weet ook daar is dinge in die Bybel opgeskryf wat nog moet gebeur, nie als het al klaar plaas gevind nie!
U is Koning vir Ewig!