11 Okt 2026

Numeri 20:1-29

Na Miriam se dood is die Israeliete weer sonder water in die woestyn.
Die vorige keer wat dit gebeur het (Ex. 17) het die Here vir Moses gesê om die Rots te slaan en water het uitgevloei van die Rots.
Nou gee die Here vir Moses die opdrag om met die Rots te praat, maar Moses slaan weer die Rots uit frustrasie met die hardkoppige mense wat hy lei.
Die simboliek: Om die Gees (water) te kry moes die Rots (Jesus) geslaan (gekruisig) word, maar nou as ek en jy die Gees wil hê moet ons net vra, Hy is reeds vir ons “geslaan”.
Daarom omdat Moses en Aaron ongehoorsaam en kwaad was en so die simboliese verkeerd oorgedra het, sê die Here vir hulle 2 dat hulle ook in die woestyn sal sterf en nie in die beloofde land sal ingaan nie.
Aaron sterf en sy seun word hoëpriester.
n Maand se rou word volgehou.

Here dankie dat U die Rots ons lewende Water, die Heilige Gees, gee!
U is ons Rots!