10 Okt 2026


Matteus 5:1-12

Jesus preek op die berg daarom noem ons hoofstuk 5-7 die Bergrede of Sy Berg-prediking.

Jesus begin met die Salig-sprekinge.
Hy noem n paar eienskappe wat in die wêreld se oë nie so belangrik is of enigsins gesogte gedrag is nie, maar nogtans vier Hy dit.
Hy moedig saam huil, sagmoedigheid, barmhartig wees, soeke na reg lewe, vrede maak, reinheid, lyding vir Sy Naam aan deur sulkes “Geseënd”, “salig” of anders gestel, “gelukkig” te noem.

Vir die Geseëndes sê Hy hulle beloning is in die hemel en nie noodwendig op aarde nie.

Here dankie dat ons anders gefokus is op sukses!
Iemand kan vir die gewone mens op straat onsuksesvol lyk maar in U perspektief Geseënd wees omdat hulle U hart verstaan en eienskappe soek.
Hemelse seën en beloning is vêr groter as aardse rykdom, roem en sukses!
U is die Een wat seën!