9 Okt 2026

Joël 2:27-32

Hoop vir die toekoms!
Die profesie wat vervul word in Handelinge 2 as die Heilige Gees oor n jong kerk uitgegiet word en mense in tale uitbars, word deur Petrus herhaal as mense in Jerusalem dink die nuwe Christene is dronk teen 9uur die oggend.

Die profesie was in n gesstlike dooie tyd waar boosheid die oorhand gehad het.

Here dankie dat slegte eras ook tot n einde kom en daar tye is waarin U mense red en U Heilige Gees oor hulle uitstort!
U is die Lewe-gewende Gees!