7 Okt 2026

Matteus 4:12-25

Na Jesus se doop en versoeking in die woestyn het Hy gehoor Johannes die Doper is gevang deur Herodus.
Hy het toe Sy nuwe tuiste Kapernaum gemaak en van daar af bedien.
Dit is teen die see van Galilea en daar het Hy 2 stelle broers geroep om Hom te volg.
Die vissermanne was Petrus en Andreas en ook Jakobus en Johannes.

Baie mense van selfs die heidense Dekapolis en so vêr as Judea het na Jesus gestroom om vir Hom te luister maar ook omdat Hy vir siekes gebid het en hulle was genees.

Here dankie dat U omgee vir mense want U het die moeite gedoen om vir hulle te bid.
U is die Meester.