5 Okt 2026

Numeri 18:1-32

Alles in Numeri wys ook na Jesus!
Na die rebellie van Korag maak die Here dit baie duidelik dat Hy die Leviete gekies het om diens te doen in die Tabernakel en uit hulle uit in besonder die familie van Aaron om die hoëpriester werk te doen.
Jesus is ons Hoëpriester gekies om vir ons almal te bid.

Die eerste van elke dier en elke oes en elke mens behoort aan die Here en moet aan die Leviete gegee word.
Oudstes mense van n gesin moet los gekoop word!
Jesus was die Eersteling wat as Offer vir ons betaal is.
Daarom uit dankbaarheid gee ons steeds ons eerste 10% aan Hom.
n Tiende van die mense se 10des moes gaan aan die Hoëpriester.
So die Leviete moes hulle tiende aan Aaron betaal.
Die kerk gee ook sodat Jesus se Koninkryk kan uitbrei!

Here dankie dat U n stelsel van voorsiening uit dankbaarheid ingestel het! Leer ons om te gee sodat Christus verheerlik kan word.

U is ons Eersteling Offer!