4 Okt 2026

Matteus 4:1-11

Jesus gaan na Sy doop in die woestyn in om te vas en te bid en vir 40 dae is Hy sonder kos.
Dis toe dat satan kom met 3 versoekinge en wat Hy kom voor veg het verniet vir Jesus wou gee, as die Here aan hom sou onderwerp.
Al haal satan skrif aan om Jesus te probeer mislei weet die Here egter wat die skrif eintlik beteken.
Aan die einde van Sy vas bedien engele vir die Here.

Here dankie dat U met die geestelike stryd U publieke bediening begin het.
Elkeen van ons worstel ook met die mense-moordenaar en vader van leuens, maar in U is daar oorwinning!
Want U het hom reeds gewen!
U is die Oorwinaar!