3 Okt 2026

Joël 1:1-20

Joël profeteer aan Juda in n baie slegte tyd.
Atalia die bose koningin is besig om afgodery in Jerusalem op te rig. (835 v.C)
Nou profeteer die vroëe profeet van n natuur ramp wat gaan kom voor die groot oordeelsdag van die Here (wat ons nou weet die ballingskap van Juda deur Nebukadnesar sou wees).
Hierdie sprinkaan-plaag wat Juda sou tref sal so n groot impak op die volk hê dat hulle 4 geslagte daarna nog na dit sal verwys.
As sprinkane begin om ALLES kaal te vreet is selfs groot bome sonder bas en hou hulle nie lank voor dit ook verdor nie.

Self die skepping, Here, is onderworpe aan die sondeval!
Help ons om dit ook reg te bestuur vanuit verhouding met U!
U is die Een wat alles in U Hand hou.