1 Okt 2026

Matteus 3:13-17

Jesus word gedoop deur Sy neef Johannes!
Die “doper” wou uit respek vir die Messias Hom aanvanklik nie doop nie, maar die Here het daarop aangedring!
Dit was die amptelike begin van Jesus se publieke bediening!
Vader God bevestig dit toe met n Stem uit die Hemel en sê wat elke Joodse pa publiek oor sy seun sê:
“Hierdie is my Seun in wie ek n welbehae het!”
Die Heilige Gees kom toe ook oor Jesus in die vorm van n duif.

Here dankie dat ons die God Drie in Een sien werk hier!
Mag ons elkeen besef hoe belangrik ons doop is!
Dis n publieke verklaring dat ons aan U behoort en sal doen soos U gedoen het!
U is God Drie-Enig!