29 Sep 2026

Numeri 16:1-50

Die rebellie van Korag, Datan en Abiram lei tot hulle dood deurdat  die aarde oop gaan en hulle insluk.
Hulle twyfel in Moses se leierskap het ook 250 ander leiers van Israel ooreed om te verset.
Hulle is ook almal met vuur verteer en hulle wierook-panne was deur Aaron versamel en gevorm om om die altaar gesit te word.

Die volgende dag het die volk weer begin kla oor die manne wat gesterf het en Moses daarvoor beskuldig.
Moses en Aaron het besef hier kom weer n ramp en het voorbidding vir genade probeer doen vir die rebelse volk wat teen hulle en die Here opgestaan het.
Daar het egter nog
14 700  van die rebelle gesterf.

Here help ons om ons harte nederig te hou voor U!
U is God Almagtig!