28 Sep 2026

Matteus 3:1-12

Johannes die doper het Israel voorberei vir Jesus se koms deur buite die normale Joodse gebruike, mense te doop soos asof hulle nie-Jode is wat hulle nou bekeer het tot die Joodse geloof.
Hy kry weer die gewone mense terug om reg te leef en n afwagting vir die Messias te hê.
Hy het geweet dis sy werk om die tafel te dek vir die Verlosser wat na hom gaan kom.

Here selfs die godsdienstige leiers het na Johannes die doper kom luister.
Maar Here U soek berou en n inkeer na U toe!
U is die Messias.