26 Sep 2026

Numeri 15:22-41

Onopsetlike sonde word deur die Here se genade vergewe met offers daarvoor uitgewys.
Doelbewuste en moedswillige sonde moes egter swaar gestraf word.
Sonde is sonde, maar die Here soek by ons nederige berou oor sonde en nie n hardkoppige asprisheid nie.
Hierdie gedeelte gaan oor gesindheid van gehoorsaamheid en daarom word die storie vertel van die man wat week op n sabbatdag sonder dat dit nodig was maar hy dink hy is bo die wet.
Hy word toe gestenig.

Die Here wil hĂȘ ons moet in nederige gebed na Hom toe draai voortdurend.
Daarom die tossels aan hulle bokleed.

Here dankie dat U ons aanmoedig om nederig gehoorsaam te bly aan U.  
U is die Here ons God!