23 Sep 2026

Numeri 15:1-21

Die Here gee vir die Israeliete voorskrifte van offergawes.
Die vreemdelinge mag ook ge-offer het en was ook welkom in die Here se Teenwoordigheid!
Die Here het nog altyd n plan vir al die nasies gehad.

Die beginsel van 1ste vrug word gedeel:
Of dit brood is of vrugte of graan of diere, die eerste vrug daarvan behoort aan die Here!
Ons glo daaraan want Jesus is die Eerste Vrug wat vir ons betaal is en Wonderbaarlik uit die dood opgestaan het!

Here dankie dat U die Eerste was wat die dood oorwin het!
Daarom wil ek my eerste vrug van my selaris en van alles vir U gee om te sĂȘ dankie dat ek soos U ook uit die dood sal opstaan!
U is ons Eerste Vrug!