22 Sep 2026

Matteus 2:1-12

Daar was wyse manne, ons weet nie hoeveel nie, uit die ooste, moontlik Persië.
Hulle was moontlik van die diaspora (die Jode wat nog agter gebly het in Babilonië).

Hulle was sterrekenners wat die ster gevolg het.
Hulle was van n groep wat konings bedien het en dus bestudeer het waneer n nuwe koning gebore gaan word.
Natuurlik het hulle gedink dit was Jerusalem, die stad van Dawid, die koning!
Betlehem was egter naby en die skrifgeleerdes het hulle soontoe verwys.
Die ster het ook oor Betlehem gaan staan.
Dit moes bo-natuurlik wees.
Intussen was Herodes die half Jood en self aangestelde koning van Judea bekommerd en jaloers en smee hy planne om van die nuwe Koning ontslae te raak.

Here dankie dat die skepping en die wêreld U koms erken het!
Goud wierook en mirre bevestig U as Koning, Hoepriester en die Profeet!