21 Sep 2026

Hosea 11:1-11

Die Here gebruik die beeldspraak van n kind: Efraim (Israel) was vir die Here soos n baba wat Hy self leer loop het en versorg het.
Nou het die kind egter haar rug gedraai op die Here.
Met baie hartseer sê die Here dat Assirië die Israeliete gaan wegvoer, ophang en aan die swaard laat omkom.
Die Here sê dit gaan permanent wees maar dan weer raak Hy genadig oor Sy kind.

Here mag ons besef dat U ons lief het en ons roep.
U is ons Pappa Vader!