20 Sep 2026

Numeri 14:1-45

Israel glo die 10 verspieders se slegte nuus instede van Kaleb en Joshua wat sê dis n land van melk en heuning wat die Here ons mee gaan help om te oorwin.
Die Israeliete was egter bang en het gekla en selfs geweldadig begin rebelleer.
Die Here sê toe vir Moses dat Hy die volk gaan vernietig en Moses pleit om genade.
Die Here sê toe goed Hy sal hulle vergewe maar almal wat gekla het sal in die woestyn sterf en niemand wat nie kon glo dat die Here hulle Kanaan sou laat kon inneem het nie, sal daar in gaan nie.
Hulle, almal bo 20, en almal wat gekla sou sterf in die 40 jaar wat hulle in die woestyn verder moes rond swerf: een jaar vir elke dag wat die verspieders in Kanaan was.
Die negatiewe 10 verspieders sterf toe almal van n siekte, behalwe Joshua en Kaleb.

Here ons vrees U!
Ons wil nie U hart mis nie!
Ons glo dat U bo-natuurlik kan veg, kan red, en uitkoms kan gee!
U is die Waarmaker van U beloftes!
U is Almagtig!