19 Sep 2026

Matteus 1:18-25

Maria het swanger geword as n maagd deur die wonderwerk wat die Heilige Gees gedoen het.

Josef haar Godvresende verloofde het met haar swangerskap, teleurgesteld, besluit om haar nie te ontbloot soos die Joodse gebruik was van daardie tyd nie, maar om haar stilletjies te los.
Die Here se engel verskyn egter aan hom en verduidelik dat die Heilige Gees vir Maria swanger gemaak het.
Die engel het Jesus se roeping verduidelik en dat Hy God is wat mens gaan word.
Toe Josef vir Maria in sy huis in neem het almal egter hom verdink van haar swangerskap.

Here somtyds as ons U volg verstaan mense nie wat gebeur nie. Ons sal U gehoorsaam soos Josef al ly ons reputasie skade.
U is Immanuel!