18 Sep 2026

Hosea 10:1-15

Israel was so voorspoedig en toe kom hulle hoogmoed en hulle vat hulle Godvegewe gawes en bou daarmee vir hulself afgode.
Toe oorlog kom en dit sleg gaan was dit die tyd vir nederige sonde belydenis, maar hulle gaan soek aardse hulp by buur-nasies.

““Maar julle het boosheid ingeploeg en ’n oes van sondes gekweek. Julle het die vrugte van leuens geëet. Jy het vir jou veiligheid staatgemaak op jou planne en jou militêre mag.”
‭‭HOSEA‬ ‭10‬:‭13‬ ‭NLV‬‬

Oordeel sou juis kom van die op wie hulle staat gemaak het: Assirië.
Hulle sonde het hulle leierloos en sonder seën gelos.

Here help ons om U te bly eer waneer dit goed gaan en waneer dit sleg gaan.
U is ons Hoop