17 Sep 2026

Numeri 13:1-33

Moses verander Hosea (redder) se naam na Joshua (die Here red) en stuur hom, Kaleb uit Juda en nog 10 ander, een van elke stam, om die land Kanaan te gaan verken.
Uit Eskol in die omgewing van Hebron bring die 12 toe van die vrugte saam huis toe, onder andere n druiwetros so groot dat 2 van hulle hom op n stok tussen hulle moes dra.

Met hulle terugkeer is Kaleb en Joshua opgewonde en moedig die volk aan om dadelik Kanaan binne te val.
Die ander 10 verspieders is egter bang en vertel van reuse (nageslag van Enak) en versterkte stede wat hulle nie sal kan oorwin nie.
Hulle sien hulle self soos sprinkane voor die Kanaaniete.

Here help ons glo in die bo-natuurlike en dat niks vir U onmoontlik is nie!
U is die Here van die Leƫrskare!