16 Sep 2026

Matteus 1:1-17

Die familieregister van Jesus wys sulke mooi dinge:
Hy was die Seun van Dawid, uit die geslag van Abraham.
Of anders gesê: Hy is die Leeu en die Lam
Vanuit Dawid die Koning maar vanuit Abraham die Offer.

Tamar die skoondogter en vrou van Juda wat n tweeling gehad het word genoem, ook Ragab (die prostituut) en moeder van Boas, en sy Moabietiese vrou Rut, ook Batseba die vrou van Urija wat Dawid afgeneem het.
Matteus wil wys dat ten spyte van die vroue se reputasie die Here hulle kon gebruik as voorgeslagte van die Messias: GENADE!!

Hierdie register begin by Abraham maar die een in Lukas 3 gaan tot by Adam en is die register van Maria.

Here dankie dat U mens geword het wat deel van n familie en n volk was. U het onder ons kom woon om verhoudings in familie te demonstreer! Mag ons ons mense ook soos U lief hê.
U is die Leeu van Juda
En die Lam van God!