14 Sep 2026

Numeri 12:1-16

Moses trou met n swart Kussietiese (Afrika) vrou en sy familie is dadelik kwaad vir hom.
Hulle betwyfel ook sy leierskap en die feit dat die Here net met hom praat.
Die Here sê egter dat Hy nie net met Moses praat nie, maar dat Hy anders met Moses praat as met ander mense.
Daarom straf die Here vir Aaron en Miriam wat Moses op n verkeerde manier berispe deur vir Miriam met melaats te tref. (Aaron as Hoëpriester raak nie onrein nie, want die Here eer Aaron se amp)

Moses bid om genade vir die wat hom nounet verkeerdelik teengestaan het soos Jesus vir Sy vervolgers selfs aan die kruis gebid het.

Here help ons bid vir die wat teen ons ook is.
U is ons Versoening!