12 Sep 2026

Hosea 8:1-14

Israel het onder Jerobeam 2 goue kalwe gemaak dit in 2 verskillende stede opgesit en gesê dit is die Here, die Israeliete moet dit aanbid.

Vir honderde jare was dit die amptelike manier van aanbid vir Samaria, die hoofstad van Israel en setel vir hulle konings.

Die Here verwerp hierdie beelde, Hy het hulle nooit aanvaar of goed gekeur nie.
Sy aanbidding skryf Hy voor.  

Daarom kondig die profeet oordeel aan oor Efraim, Israel se bynaam.
Dit is hoekom hy aasvoëls sien draai bo Samaria.

Here help ons om U opreg te aanbid soos U wil en nie soos ons wil nie!
U is Alomteenwoordig!