11 Sep 2026

Numeri 11:1-35

Die Israeliete kla!
Hulle kerm oor kos: in Egipte het hulle vis, komkommer, uie en knoffel geeet en nou net manna.
Hulle was lus vir vleis.
Die Here belowe hulle toe vleis, maar Moses dink dis onmoontlik om almal vleis te gee.
(600 000 mans)

Intussen salf die Here 70 leiers met Sy Gees en begin 2 van hulle profeteer, tot Moses se vreugde.

Die Here begin toe kwartels (lae vlieënde voëls) voorsien vir kos.
Die skielike vleis en ooreet daaraan het egter n klomp mense laat sterf.

Here help ons om U nederig te vra wat ons nodig het en nie daaroor te kla nie!
U is die Een wat U Gees gee.