9 Sep 2026

Hosea 7:1-16

Israel se boosheid word beskryf as n smeulende oond wat se kole elke nou en dan weer opvlam in boosheid en sonde.
Verder word Efraim soos n roosterkoek half-gaar en gereed vir oordeel, want n halwe gebakte brood kan vir niks gebruik word nie.

Dan word Israel en Juda met n dwase, onnosele duif vergelyk.
Hulle roep Egipte, maar vlieg dan Assirië toe, maar soek nie die Here nie.

Here mag ons uit hulle foute leer en U bly soek.
U is die Allerhoogste.