10 Sep 2026

Jakobus 5:1-11

Jakobus waarsku ryk mense om nie armes uit te buit nie.  
Oor en oor in sy boek waarsku hy teen die hoogmoed van klas en ras verskille wat  mense op ander laat neerkyk.
Verder bemoedig hy ons om eerder geduldig te wag op die wederkoms van die Here.
As ons een van die is wat uitgebuit en verontreg is moet ons moed hou want soos met Job sal die Here met die wees wat swaarkry.

Here dankie dat U vol medelye en ontferming is!
U is die ware Regter.