8 Sep 2026

Numeri 10:1-36

Die Here het n effektiewe kommunikasie stelsel in werking gestel deur die 2 silwer trompette.
Die kodes wat een of albei moes uit basuin het verskillende boodskappe aan die volk oorgedra.
Van hulle bymekaar roep of die leiers roep, na waarsku of oproep tot oorlog.
Die blaas van die trompette was die priesters se werk.
Ons moet die Here se wil netso vandag nog bly kommunikeer.

Die wolk van die Here het begin beweeg en Israel moes in stam-volgorde wegtrek.

Here dankie dat U nog altyd met ons wil kommunikeer.
Dankie dat ons “Trompet” nou die Heilige Gees binne ons is wat ons lei.
U is ons Leidsman!