7 Sep 2026

Jakobus 4:11-17

Moenie lelike goed van mekaar sê en mekaar kritiseer nie, praat eerder opbouend van ander en seën hulle.

Verder moet ons nie more en die volgende dae beplan asof ons in beheer is nie.
Deur die eeue het die kerk die latynse term “Deo Valente” (DV) gebruik, dit beteken  “as God wil”, om voor beplande datums te noem sodat ons konstant van die Here kan afhanklik bly van en in die toekoms.

Daar is nie net sonde in verkeerde goed wat ons doen nie (commission), maar ook in die regte ding wat ons nie doen nie (omission).
“Hou in gedagte: As ’n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭4‬:‭17‬ ‭NLV‬‬

Here help ons om die regte dinge te doen in U wil!
U hou Gister, vandag en more in U Hand!