5 Sep 2026

Numeri 9:1-23

Die Here stel die Pasga in die lente in en beveel die volk om dit te hou.
Die lam wat hulle moes slag en eet het hulle herrinder aan die aand voordat hulle Egipte verlaat het, maar dit het ook heengewys na die Lam, Jesus, wat vir ons geslag is sodat ons kon vrykom van die slawerny van sonde.
Selfs onrein mense kon n maand later Pasga vier. Dit is dalk hoe Josef van Aritea die ander gedien het deur met die Ligaam te werk net voor Pasga.

Verder is die hoofstuk oor die wolkkolom en vuurkolom wat oor die Tabernakel gehang het en oor die hele kamp skadu en lig gegee het.
As die Wolk beweeg het moes die Israeliete ook beweeg.

Here dankie dat U in ons woon en ons deur U Gees lei om te beweeg as ons moet beweeg.
U is ons PaasLam!