4 Sep 2026

Jakobus 4:1-10

As ons in aanbidding voor die Here kom moet dit in nederige gebrokenheid wees en nie in n arrogante selfvoldaanheid nie.

As ons Hom in gebed iets vra moet ons motiewe van ons harte suiwer en opreg wees.
Dit help nie ons vra met selfsug en wellus nie.
Daarom bid “sodat” gebede:

Here wees asb met ons SODAT ons U Naam kan verheerlik.
Here ons kom nederig ons harte voor U ontbloot: sal u ons vyandige en selfsugtige gesindhede vergewe en ons lei om in alles U Naam groot te maak!
U is Goed!