1 Sep 2026

Jakobus 3:13-18

In die lig daarvan dat ons ons tonge moet beheer, moet ons ook in sagmoedige wysheid teenoor ander goed doen.
So wysheid van die Here baklei en stry nie heeltyd oor wat reg is of is jaloers op wat ander het nie!
Die Here se wysheid in ons maak ons vredeliewend!
Ons wil die mens wen nie noodwendig die argument nie.

“En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.”
Jakobus 3:18 AFR20

Here help ons om met vrede en wysheid ander sag te benader eerder as om altyd reg te probeer wees en te stry. Help ons om alle afguns te los.
U is Wysheid en Vrede!