30 Aug 2026

Numeri 7:1-89

Die 12 leiers van die stamme van Israel het elkeen kosbare bakke en toebehore sowel as offerdiere gebring vir die toewyding van die Tabernakel.

Die priesters moes dit neem en gebruik namens die stamme.
Die offerdiere het hulle vir versoening van elke stam met die Here geslag.

Moses het egter dan van af die ark van die verbond se versoendeksel die Here se stem gehoor as Hy met die volk deur Moses gepraat het.

Here dankie dat U nou in ons woon en met ons vanaf die ark in ons hart praat deur U Heilige Gees.
U is die Versoening!