29 Aug 2026

Jakobus 3:1-12

Die tong!
Beheer hom sê Jakobus want almal om jou kan die vrug van jou tong sien.
Dit help nie jy sê jy is n vyeboom maar jou woorde lyk soos “olywe”(anders as wat jy voorgee) nie!

Ons moet met hierdie tong getuig van Christus,
Ons moet ander met die tong leer van die Waarheid, eerder as om te lieg
Ons moet ander opbou met ons woorde en nie afkraak of beskinder nie!
Jou tong moet mense die Koninkryk se goedheid wys en nie teen die Here en mense vloek en negatief praat nie!

Jou tong is soos n vuur wat n hoop hout vir goed kan aansteek of n veldbrand van verwarring en frustrasie man laat opvlam!

Kyk wat jy sê!
Jou tong stuur of besoedel jou hele ligaam: kies self!

Here geen mens kan die tong tem nie, maar die Heilige Gees in ons kan ons salf om ons tonge tot U eer te heilig, af te sonder vir U gebruik!
U is die Heilige en die Waarheid!